teel waarde van hierdie diere gaan tot ’n groot mate verlore in dat min verskalwers (koekalveren) wat in hierdie kuddes van varsmelk verskaffers aankom groot gemaak word omdat hul voeding en versorging onwinsgewend gevind word. Goeie bulle (stieren) word nie te min in baie van hierdie kuddes gebruik en die kalwers wat aankom is veels te goed om, soos ongelukkig dikwels die geval is, as kalfvleis op die tafel van die stadsbewoner te kom. Mynsinsiens moet hieraan daadwerklik ’n einde gebring word en die beste liggaam wat ek aan kan dink om dit te doen is die teelgenootskappe. Hierdie ■ verskalwers kan deur bemiddeling van die teelgenootskap en hier dink ek byvoorbeeld aan die „Farmer’s Cattle Bureau, Ltd.” oorgeplaas word in kuddes soos die van roomverskaffers waar hulle ekonomies as ’n .bate kan groot gemaak word; selfs al moet die staat genader word vir ’n subsidie al is dit in die vorm van laer spoorvervoerkoste van hierdie verskalwers. Tentoonstellings Die teenswoordige beoordeling van ons melkbeeste is mysinsiens nog te veel gebaseer op konformasie (algemeen voorkomen) met ver te min aandag aan produksie. Herhaaldelik het deskundiges al gewys op die wenslikheid dat Landboutentoonstellings vir melkrasse konformasie- en produksieklasse moet hê met hoë vereistes, en dat alleen diere met ’n sekere minimum aantal punte vir konformasie toegelaat word te kompeteer. Verder dat punte van produksie op meer dan slegs een rekord van ’n dier gebaseer word. Die aantal rekords sal volgens die ouderdom van die dier vasgestel word. Ek wil die volgende aan die hand gee vir oorweging:— Hoë Konformasie en Produksie Klasse Konformasie vereistes: Alle meedingende koeie en bulle moet ’n minimum van 75 punte vir keuring behaal.
Produksie vereistes: Alle koeie moet ei e (eigen) gesertifiseerde rekords besit soos volg: 2 jaar tot Junior 3—een rekord van 300 dae (of minder). Senior 3;—twee rekords van 300 dae elk (of minder). 4 jaar oud-—drie rekords van 300 dae elk (of minder). 5 jaar en ouer—vier rekords van 300 dae elk (of minder). Elkeen met herkalwe datum binne 15 maande. 1. Punte vir Konformasie Alle meedingende diere in die klasse, koeie, sowel as bulle, word 3 punte toegeken vir elke punt vir konformasie bo 75 gekeur dit wil sê die dier wat 81 punte gekeur is ontvang 18 punte. 2. Punte vir Produksie A. Koeie: (1) 2 tot 3 jaar oud op datum van tentoonstelling kompeteer op gemiddelde van moeder en vader se moeder sowel as van eie rekords. (2) 4 jaar en ouer kompeteer op gemiddelde van eie rekords. B. Bulle: (1) Kompeteer op punte behaal op gemiddelde van rekords van moeder en vader se moeder maar. (2) Volsusters van bulle met rekords kan punte vir die bul verdien. Berekening van Produksiepunte (a) Moeder en vader se moeder se rekords verdien .3 (0,3) van ’n punt vir elke 5 Ib. bottervet b o (boven) die minimum vereiste. (b) Eie rekords verdien .1 punt vir elke Ib. bottervet bo die minimum. (c) Volsusters se rekords verdien .1 punt vir elke Ib. bottervet bo die minimum.
Minimum Produksie Standaarde: Elke ras sy eie standaarde gebaseer op invoer vereistes. Verkoping»: So vind ons ook verkopingskatalogusse sorgvuldig opgestel met ’n oortollige uitgebreide stamboom tot die vierde of vyfde voorgeslag maar met slegs ’n paar van die beste melkrekords vir elke koei in die afstamming. Ook hier behoort aangedring te word op meer gegewens oor die moeder en volle besonderhede omtrent enige vol en halfsusters, al is dit dan net van moeders kant, in plaas van ’n paar melkrekords o.a. van de o o roorgroot oumas (bet overgrootmoeders) , van nul-en-gener waarde is. Kopers van bulle vir hulle kuddes kan nooit te versigtig wees in hulle keuse as daaraan gedink word dat die aangekoopte bul ongeveer vier jaar in die kudde sal wees voordat die eienaar definitief kan vasstel hoe die nageslag van die bul in produksie is en teen daardie tyd mag daardie eienskappe reeds op 75 tot 100 van sy nagslag oorgedra wees. Voorwaar, versigtigheid is die moeder van wysheid sowel as van teelt! („Boerdery in S.A.”) Procedure van Melkcontróle (Toelichting) 1. De boer noteert zelf de melkgewichten op de z.g. stallijst. Hiervan worden de gewichten ingeschreven in het z.g. dagelijkse gewichten-boek; voor elke lactatie bestaat dit uit 10 bladzijden, elk met 30 dagen. Het resultaat van het werk van de melkaantekenaar verschijnt op de z.g. kontroletoets, dus totaal-gewicht van melk en vet over 48 uur, alsook het gemiddelde vetgehalte. Dit gemiddelde vetgehalte wordt dan toegepast op het bijbehorende gewichtsblad van het dagelijkse gewichtenboek. Op elk der 10 gewichtsbladen komt dan weer totaal-gewicht melk en vet. Na voltooiing der 10 bladen rest nog het z.g. opsommingsblad. Hierop worden de totaal-gewichten van melk en vet der gewichtsbladen opgeteld en het gemiddelde vetgehalte over de gehele lactatieperiode bepaald.